Drama Drama Studio

Go to content

Main menu

Drama Afdeling

Departmens
 


Die ateljee bied professionele drama klasse aan.  Ons is 'n geregistreerde ateljee met gekwalifiseerde afrigters.  Die ateljee vier sy 32ste verjaardag hierdie jaar.

Ons noem graag 'n paar aspekte wat onderrig word:

  • -Spraak

  • -Grimeerkuns

  • -Radio en TV werk

  • -Kunswedstryd

  • -Beweging

  • -Kreatiewe denke

  • -Advertensie werk

  • -Storie bou

  • -Mimiek kuns

  • -Karakterisering

  • -Selfvertroue / Persoonsontwikkeling

  • -Toneel kuns


Die ateljee bied klasse tans aan vir sowat 370 leerlinge.  Klasse word aangebied by die Teater, te Marylone Mall, vanaf ouderdom 3 jaar tot op volwasse vlak, of by u kind se skool.

 
 

Beskrywing

Duur van klas

Registrasie fooi

Kwartaal / Maandelikse fooi

Kleuterskole

1/2 uur

R80-00

R600-00 / kwartaal

Laerskole

1 uur

R80-00

R900-00 / kwartaal

Hoërskole

1 uur

R80-00

R900-00 / kwartaal

Volwassenes - Kreatiewe drama

R80-00

R900-00 / kwartaal

Volwassenes - Teorie klasse

R900-00 / kwartaal

TECA - The Entertainer Casting Agency 6 ure- R900-00 (eenmalige fooi)

 
 


  • -Sertifikaat in Toneel Kuns - voltydse kurses vir 18+ jaar (besonderhede op aanvraag, kontak asb. At Strydom)


Daar word geen klasse aangebied tydens skoolvakansies nie. Studente wat deelneem aan produksies oefen wel gedurende skoolvakansies. Na 'n vakansie, begin die klasse weer op die dag wat die skole begin.

Die skoolgaande leerlinge kry vorderings verslae aan die einde van elke jaar sowel as sertifikate en medaljes. Kleuters kry 2 verslae jaarliks. Daar word ook trofees uitgegee vir bepaalde prestasies. Leerlinge word deurlopend geevalueer en word dan verwys na ons Agent vir verdere televisie opleiding en moontlike optredes vir televisiewerk. Ons is een van die ateljees wat die meeste sukses behaal met kinder-televisiesterre.

Drama bou selfvertroue, help met spraak, ontwikkel kreatiewe denke en konsentrasie.

Help ons om weer kultuur in ons land wakker te maak en geniet professionele opleiding in 'n gemaklike atmosfeer. Ons hoop om sommer 'n klomp van julle te akkommodeer.

Drama Inligting 2018

 
 
 
 
 
 
 
Back to content | Back to main menu